News

News

Rumax_news_title

Om slim te boer beteken dat ՚n wyse boer heeltyd moet seker maak dat sy boerdery se somme klop. Dit strek verder as net die inkomstes en uitgawes balanseer, want ՚n boer moet ook die winsmarge van elke plaas bedryf bereken om ՚n produktiewe, winsgewende boerdery te verseker – een wat van krag tot krag kan groei.

Die goeie, gesonde ou spreekwoord van “Jy is wat jy eet” geld ook vir plaasdiere. Diere wat rantsoene eet wat met ՚n Rumax-voermenger gemeng is, is wins in die boer se sak.

Jy kan baie goed op my plaas kom vat, maar nie my Rumax konsentraatmenger nie,” sê Carlo Nortje van Loxton. Hy het uitgewerk dat hy oor die afgelope sewe maande sedert hy die menger aangeskaf het, 22 dae van sy eie tyd bespaar het.

Die bakkie, met die blitsnaam, JOLT, se topspoed is 110 km/u, hy spog met allemintige wringkrag van 500 Nm, het amper geen onderhoud nodig nie, kan ‛n vrag van 750 kg dra en sy lopende koste is werklik 10 sent per kilometer!

Die droogte maak boere se lewe moeilik en selfs in die gebiede waar dit reeds gereën het, is die effek daarvan nog nie verby nie. Gelukkig maak Rumax boere en hulle diere se swaarkry ligter met puik masjinerie teen sakpaspryse.

Elke boer wat bekke moet voer wil graag die beste vir sy diere bedien. Baie wildboere, skaapboere of boere wat nie reuse kuddes beeste het nie, wil ook graag self hulle voerrantsoene maklik en behoorlik meng sonder om ’n plaas se prys vir die toerusting te betaal.

Die rand is aan flarde en boere moet nou hulle sente omdraai om werktuie in te voer. Daar word nou verbete na plaaslik vervaardigde produkte gekyk sodat boere kan aanhou boer. Rumax vervaardig sy voortreflike produkte in Worcester in die Weskaap.

Veral in skraal omstandighede soos wat die huidige droogte op ons afdwing, is dit vir die veeboer belangrik dat elke krieseltjie duur voer ten volle benut moet word. Dit is waar verpilde voer die boer dien, want verpilde voer sorg vir gebalanseerde voeding en hoër voerinnames, beter vertering, beter proteïensintese en minder vermorsing.

“Pille is die Lamborghini van voer, maar jy vat nie kortpaaie of gebruik minderwaardige produkte as jy pille maak nie.” So gesels Sakkie Liebenberg van Rietpan-wildsplaas naby Lichtenburg. Hy sê hy het die beste resep uitgewerk wat vir skape, beeste en wild kan werk en as boere hom bel, sal hy die resep deel, maar hy gaan dit nie sommer vir enigeen gee nie.

Jou huis het van tyd tot tyd ‘n nuwe lagie verf nodig, jou bakkie nuwe bande en jyself ’n nuwe baadjie vir kerk. Net so kan jou pligsgetroue voermenger wat elke dag jaar na jaar hard werk om die boerdery aan die gang te hou seker ook vra vir ’n bietjie liefde.

’n Soetlupiensaadjie is vol heilsame voedingstowwe wat ontsluit kan word wanneer dit in ’n voermengsel ingeroer en verpil word. Maar daarvoor moet die ronde glipperige pitjie vasgevat en oopgebreek kan word. Die meeste hamermeulens word gebou met ruwe hoekige materiaal in gedagte en dikwels word baie van die kosbare lupiensaadjies net in die rondte gestoot sonder om ooit fyngekap te word.

Nadat Mike van Niekerk van Derby se vorige voermenger sy sesde verjaarsdag (nie uit nie) op die plaas gevier het, het hy besluit dit is nou genoeg; dit is tyd vir ’n nuwe menger. Toe ruil hy sy Rumax in op ’n nuwe Rumax! Die nuwe Rumax 9 moet nou bontstaan om twee keer elke dag ses verskillende voermengsels gereed te kry vir die gemengde boerdery op die plaas.

“Dit is die beste belegging wat ek nog gemaak het,” sê Sakkie Liebenberg van Rietpan naby Lichtenburg onomwonde. “Kyk hoe sleg lyk die veld, maar kyk net die kondisie van my wild.” Die wild, skape en beeste geniet die voordele van die kragkos wat Rumax se pilaanleg in maklik hanteerbare pille uitdruk.

Louma-boerdery naby Thabazimbi se buffels is baie kosbaar en waardevol, daarom kry hulle ‘n spesiaal geformuleerde voermengsel wat elke week vars gemaal en gemeng word. Wimpie van der Walt, die wildplaasbestuurder, is gesteld daarop dat elke wildsoort op die plaas die regte kos kry, want dit is ‘n teelplaas en die wild moet produseer.

Hoe lekkerder jou diere eet, hoe lekkerder presteer hulle en hoe lekkerder maak jy wins uit jou boerdery.’n Voorvereiste om hierdie waarheid werklikheid te maak, is ’n voermenger waarop jy kan staatmaak. So ’n voermenger moet 365 dae per jaar onwrikbaar betroubaar wees, selfs in taai, uiterste toestande.

Dit het begin by ’n uitdaging om ’n hamermeule te bou wat minder stof maak en vinniger werk, ’n geleende ratkas en ’n groot klomp vernuf en geesdrif. Jaco Pieters het ’n jaar geneem om sy eerste hamermeule te bou, want hy moes dit in sy agterplaas in sy vrye tyd doen en elke onderdeel moes met die hand gemaak word.

“Ek het lank gesoek en na baie mengers gekyk voordat ek Rumax gekies het,” sê Johan Coetzee van NJE Boerdery naby Randfontein. “Die menger speel ’n sleutelrol in die boerdery, daarom is net die betroubaarste, deeglikste menger, gerugsteun deur die beste diens, goed genoeg. Dit is Rumax.”

Nick Rousseau, van Delnick boerdery naby Ottosdal, het ’n paar ander voermengers probeer voor hy Rumax ontdek het. Uiteindelik het hy gekry wat hy gesoek het en die afgelope jaar kan hy sy beeste die voer gee wat hulle verdien, sonder om met masjiene te sukkel.

Rumax_logo_200

(+27) 23 342 6070

(+27) 86 626 8397